Die enigste manier vir ma em pa om ‘n Sondagmiddag-knippie in te kry was deur Jannie met ‘n groot suigstokkie op die balkon uit te stuur met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straataktiwiteite moet rapporteer.

Hy begin sy kommentaar so terwyl pa en ma hulle plan in aksie stel:

“Daar word ‘n kar uit die parkeerterrein gesleep.
‘n Ambulans is nou net hier verby.
Die Van der Merwes het kuiermense gekry.
Marius het ‘n nuwe fiets …
Dit lyk of die Standers besig is om te trek.
Riaan ry al weer op sy skaatsplank.”

Na ‘n rukkie kondig hy aan: “Die Petoorse is besig met seks!”

Geskok vlieg ma en pa regop in die bed en pa vra versigtig: “Hoe weet jy hulle het seks?”

stokkielekker“Anton staan op hulle balkon met ‘n suigstokkie.”

(Oorspronklik gepubliseer 4 November 2010)

Lewer kommentaar

Leave a Reply