Oom Jan en Oom Gert sit op die ouetehuis se stoep en vertel stories van vervloë dae.

“Het ek jou al vertel van daai keer toe ek die leeu gaan jag het en my geweer nie wou skiet nie?” vra oom Jan vir die vierde keer daai maand.

“Nee, gits! Daai storie het jy nog nooit vertel nie.” Antwoord oom Gert vir die vierde keer daai maand.

“Wel,” begin oom Jan, “daar staan ek en die verdomde leeu storm en my geweer maak net ‘klik’. En ek dink wat nou en, o fok, daar kak ek in my broek!”

“Wel,” sê oom Gert, “enige man sou homself bevuil as ’n leeu hom storm.”

“Nee man,” sê oom Jan salig, “daar kak ek nou pas in my broek.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply