’n Skatryk Afrikaanse oom van Potchefstroom se vrou is oorlede. Kort na die begrafnis voel die oom weer lus vir trou. Die dames staan tou en die oom maak ’n kortlys van drie. Hy gee vir elkeen R20 000 om te sien wat hulle met die geld doen.

Die eerste een sit af na die skoonheidsalon. Die hare, naels, gesig, alles word gedoen. Die oorblywende geld spandeer sy op nuwe uitrustings by die boutique langsaan. Vir die oom vertel sy dis omdat sy baie aantreklik wil wees vir hom.

Die tweede een oorlaai die oom met geskenke. Sy kry vir hom ’n nuwe stel gholfstokke, ’n nuwe jaggeweer en genoeg khaki-kleurige hemde om ’n leeftyd te hou. Vir die oom vertel sy dis omdat sy hom so verskriklik lief het.

Nommer drie belê die geld in die aandelemark. Die R20 000 word R200 000. Sy gee die R20 000 terug vir hom en belê die balans in ’n gesamentlike rekening. “Vir hulle toekoms” vertel sy vir die oom.

Vraag: Watter een het die oom gekies?

Antwoord: Die een met die grootste borste.

q

Lewer kommentaar

Leave a Reply