ID
Uit gevonde voorwerpe, uitgediende weggooigoed wat sy op skrootwerwe en elders vind, skep Marinda du Toit beeldhoufigure wat onverwagte en nuwe betekenisse kry, veral saam met die kreatiewe woordspel van hul titels.

Sy ondersoek met woord en beeld die menslike psige en veral hoe chemiese wanbalanse tot sielkundige toestande lei.

Ou meesters soos Goya, Dürer, Hieronymus Bosch en Edvard Munch inspireer haar om mense se eiesoortige persoonlikhede te verbeeld.

Die skrootmateriaal en haar aweregse titels vorm saam ’n humoristiese maar empatiese viering van die randfigure in die samelewing.

Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking:
Kaartjies: Gratis
Plek: US Museum, Stellenbosch
Datum: 2 – 11 Maart 09:00 – 18:00
Woordfees 2018


ID

Bolley - Marinda du Toit
Bolley – Marinda du Toit

ID


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar