Bloomberg berig dat die berugte voormalige hoof van Steinhoff ’n insinking in die prys van Jacobus Hendrik Pierneef se skilderye veroorsaak het.

Volgens dié mediagroep is Jooste besig om van sy kunswerke ontslae te raak om geld bymekaar te maak. Hy besit onder andere verskeie werke van JH Pierneef.

In 2017 is ’n rekord R20,5 miljoen betaal vir ’n Pierneef skildery, Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond. Dit was ses maande voor die Steinhoff saga Suid-Afrika getref het. Rekenkundige praktyke aan die maatskappy het veroorsaak dat Jooste sowat R850 se eise in die gesig staar.

Kunshandelaars het verwag dat Pierneef skilderye sedert 2017 nuwe hoogtes sal bereik, maar verlede maand het nege Pierneef skilderye op ’n Strauss & Co-veiling verkoop vir ’n skrale totaal van R9,65 miljoen.

Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond
Farm Jonkershoek with Twin Peaks Beyond

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar