Die Heuwels Fantasties se nuwe album, 2021, bestaan uit 15 nuwe liedjies. DHF het met verskeie kunstenaars op die liedjies van die album saamgewerk o.a. Arno Carstens, Tarryn Lamb, Jack Parow, Francois van Coke, Johnny de Ridder, Ampie, TJ Terblanché en Pierre Pressure.

DHF se liedjies is nou al vir meer as `n dekade deel van die daaglikse SA musiek-kultuur. Pierre Greeff  dat hulle met elke album wat uitgereik word, hulle eie tydstip en progressie probeer vasvang. “2021” het dalk ook `n bietjie van ons debuut se energie, maar ook `n titsel wilder as die wildtuin. Ek dink nie ons het noodwendig iets heeltemal nuut probeer nie , maar ons het wel probeer om wat voorheen al gehoor is van ons af dalk te verfyn en te vereenvoudig. Die kunstenaars met wie ons saamgewerk het het 100% gegee. Al wat ek kan is dat dit moeilik is om `n “favourite” op die album te kies. Elke song het uitgekom presies soos ons dit wou hê en ons kan nie wag om dit met almal te deel nie.”

Fred den Hartog vertel meer oor die gevoel van die album: “2021 het ‘n DIY, doen jou eie ding, wees uniek, wees jouself, ons is almal een, bring jouself na die paartie- tipe aanslag. Met liedjies soos ‘Min worries’ en ‘Ons moet leef’ het ons probeer om die hede, die verlede en die toekoms te verbind in een algehele gevoel van selfbewusheid en ‘n sterk sin van menslikheid en empatie. Ons kuns is om ander in te sluit. Eenheid in plaas van segregasie. Juis die talle collabs. En collabs regdeur die proses. Van komposisie tot produksie en optrede. Wat dié een anders maak is dat die album klaargemaak is in die tyd van kwarantyn. En die pylvlak is waar alles bymekaarkom. Juis die oordrewe en amper oorweldigende gevoel van mense-verlange en samesyn. Die titel “2021” is `n projeksie van hoop, dat die lewe weer volgende jaar makliker sal kan voortgaan.”

Kry nou jou kaartjies  vir die aanlyn- album launch op Saterdag 30 Mei en kry daarbysaam die album gratis! www.howler.co.za/dieheuwels

Snitte:

1. Mis Oor Die See (feat. Arno Carstens)

2. Ons Moet Leef (feat. Ampie)

3. Plekkie In Die Son (feat. Early B)

4. Naweek (feat. Jack Parow)

5. Lieg Net Vir My

6. Kan Iemand My Hoor? (feat. TJ Terblanché)

7. Ek Mis Jou (feat. Tarryn Lamb)

8. Vat My Saam 

9. Mejuffrou Sonneblom

10. Kom Na My Toe (feat. Johnny De Ridder)

11. Jy Stel My Teleur

12. Min Worries (feat. Francois Van Coke)

13. Bly By Die Huis

14. Nog Een (feat. Loki Rothman) [Bonus Track]

15. Doin’ It Right (feat. Pierre Pressure) [Bonus snit]

16. Leja (Live at Francois van Coke en Vriende 2019, Pretoria) [Bonus Track]

Stroom en laai hier af: http://www.smarturl.it/2021dhf

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar