Hierdie CD is reeds op die rakke van alle groot CD-winkels. Dit is ’n samestelling van ou Afrikaanse Volksliedjies uit die FAK Sangbundel Volume I, nuut verwerk en gesing deur van Suid-Afrika se top Afrikaanse kunstenaars.
’n Paar verrassings sluit in Chris Chameleon se “Lied van Jong Suid-Afrika” saam Affies se seunskoor, die A-Minere, Beeskraal se rock ’n roll-weergawe van “Blinkvosperd”, Corlea Botha se hemelstem met “Uit die chaos van onse eeue”. Dan is daar die Vrystaatse en Transvaalse Volksliedere in Hollands met Jannie du Toit en Cordelia.
Ander liedjies sluit in: “Oukraalliedjie”, “Lied van die Boland”, “Ver in die ou Kalahari”, “O, Boereplaas”, “Ken jy die land”, “Afrikaners, landgenote”, “Dierbaar Suid-Afrika” en “Nimmer gaan ’n nasie onder”.
Jak de Priester se “Sporelied”, spesiaal geskryf vir Die Voortrekkers se 85-jarige feesvieringe, is ook op hierdie CD.

Hello daar,
Kan U asb. vir my sê waar kan ek die CD-stel Afrikaanse Volksmusiek saam met Beeskraal & Vriende te koop kan kry . Musica hier in die Kaap het dit nog nie op hulle stelsel nie .
Baie dankie
By Voorbaat
Pieter
Die FAK behoort die vraag te kan antwoord. Kontak hulle by fak@fak.org.za
Die cd’s is beskikbaar by:
Die Afrikaanse Winkel
Erfenissentrum.
Op die terrein van die Voortrekkermonument.