Luister vir 24 uur gratis na twee snittevan die nuwe album Afrique mon désir vanaf 9h00 Donderdag 24 Mei: www.laurindahofmeyr.co.za
Die twee snitte waarna daar geluister kan word is: ‘Sous la Terre’ en ‘La Vache Noir’, beide geskryf deur die bekende digter Joseph Rabearivelo van Madagaskar. Laurinda Hofmeyr sê: “Ons wil seker maak dat soveel as moontlik mense, ook buite my normale ondersteuningsbasis, `n kans kry om hierdie besondere samewerking tussen my, vier sangers/musikante uit die Kongostreek en wyle Régis Gizavo (trekklavier) te hoor. Mense kan ook na Diek Grobler se ongelooflike animasie van ‘Sous La Terre’ kyk, asook na die videos van sekere van die liedjies soos ons dit uitgevoer het.” Hier is die skakel: http://laurindahofmeyr.co.za/listening-session/
Die album is vanaf Vrydag beskikbaar op SA iTunes.
Suid Afrikaners kan reeds fisiese kopieë van die CD op www.laurindahofmeyr.co.za/winkel bestel. Dit is pragtig verpak met `n boekie waarin vertalings in Frans, Afrikaans en Engels verskyn.
Die Afrika my Verlange / Afrique mon désir produksie was onlangs by die Woordfees, Stellenbosch en KKNK, Oudtshoorn op die planke. Die span vertrek op 11 Junie om die produksie op verhoë in Frankryk aan te bied. Vriende en familie in Frankryk wat graag die produksie wil sien kan bespreek by:
https://www.weezevent.com/laurinda-hofmeyr-afrique-mon-desir-ensemble