Al’ en nog Pêlle

Al’astair het in 1998 sy eerste CD genaamd My Hond Fanie uitgereik. Hy het verlede jaar ‘n tweede CD genaamd Blou Trane uitgereik wat baie positief ontvang is. Die liedjies kan op internet afgelaai word by Rhythm Records.

Een van Al’astair se songs, “Neuk”, is deur Sarah Theron in haar bundel Sit die Ketel Aan opgeneem, en van sy ander songs is reeds op kompilasies opgeneem. Hy het ook al op e-TV opgetree, asook op Geraas en Kwêla, asook vier keer by KKNK, by ander kunstefeeste en ook dikwels in teater-restaurante. Verlede jaar het hy ook deurgedring na die eindrondte van die Weskus Pub Idols. Hy het al twee keer as openingskunstenaar vir Matthys Roets opgetree, en ook as gaskunstenaar vir Lochner de Kock, Richard van der Westhuizen en Andrew Roos.

Al’astair (vocalist, liedjieskrywer en rhythm kitaar), Titanium-Tony (lead kitaar), Facelift De Villiers (dromme) en Double-Trouble Engelbrecht (double base en vocalist) het spontaan inmekaar vasgedryf. Hulle sing oorspronklike Afrikaanse songs wat wissel tussen romantic, rock en soul, met spatsels blues.

Titanium Tony (Tony Napier) is ‘n ervare en professionele lead kitaar speler, en liedjieskrywer. Hy bedryf sy eie klankstudio en speel dikwels op die Kaapse en Johannesburgse rock circuit. Hy en Al’ het al verekeie kere saam opgetree, onder andere op Kwêla. Hy was vroeër lid van die rock groepe T&T en Radar, wat suksesvol meegeding het in Battle of the Bands.

Facelift de Villiers (Pierre De Villiers) is ‘n natuurlike en passievolle dromspeler, met professionele opleiding. Hy is as’t ware met ‘n ritmiese dromstok in sy hand gebore. Hy en Al’ het mekaar ontmoet toe Al’ sy wasgoedlyn op Langebaan omgery het. Hulle hou langs mekaar vakansie, en hulle vakansies het mettertyd in stoep gigs verander.

Double-Trouble Engelbrecht (Johan Engelbrecht) is ‘n ervare sanger, base speler en verhoogkunstenaar. Hy het in verskeie Afrikaanse kabarette opgetree waaronder Afrikaners is Plesierig, Winde van Verandering, en Koos in die Doos. Johann sing sy lewe lank en is waansinnig versot op harmonie en in Port Elizabeth was hy die stigterslid van Cantamus, ‘n acapella sanggroep wat vir meer as tien jaar opgetree het. Hy het ook in die Libertas koor gesing. Double-Trouble se “persoonlike rolmodel” Marinda Engelbrecht, was Al’ se regiseuse vir ‘n show by KKNK. Sy het ook die regisseurwerk in genoemde kabarette gedoen en self ook as MC opgetree. Johan, Marinda, Al’ en Janita (Al’ se “in-house shrink”) het een aand op Saldanha saamgekuier. Die aand het met die hulp van Jackie Coetsee se Bloemendal wyne ontaard in die natuurlike verwekking van Al’ en nog Pêlle.

Al' en nog pelle
Al' en nog pelle

Al’ en nog Pêlle tree op Donderdagaand, 3 September 2009 in “Die Boer”, Durbanville op.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar