Arno Carstens en Albert Frost akoesties

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Arno Carstens begin sy loopbaan as hoofsanger in die rock groep, The Springbok Nude Girls. Sedert 2003 werk hy as solo kunstenaar. Hierdie sanger-liedjieskrywer het reeds nege albums vrygestel waarvan 4 platinum status bereik het. Hy wen vyf SAMA toekennings en deel die verhoog met groot name soos INXS, The Beastie Boys, Lenny Kravitz, The Cult, Smashing Pumpkins, The Offspring, R.E.M., Metallica en Ronan Keating. In Junie 2007 word hy genooi om deel te neem aan die Isle of Wight fees in Brittanje en twee weke later speel hy in die voorprogram vir die The Rolling Stones in Spanje.

Arno woon sedert die begin van 2009 in Londen en werk tans aan sy 3de solo album. Another Universe, Arno se eerste solo album is in September 2003 vrygestel en het sedertdien die grootste Suid-Afrikaanse Engelse rock album verkoper in hierdie millennium geword. Die platinum album wen ook ‘n SAMA toekenning in 2004 vir beste rock album.

Arno se tweede solo album, The Hello Goodbye Boys, word in 2005 vrygestel. Weereens gaan die album goud en wen ‘n SAMA toekenning in 2006. Die album stel Arno se unieke stem ten toon asook sy kreatiewe vernuf as dit kom by skryf van musiek

Tans saam met Arno op die verhoog vir ‘n akoestiese uitvoering is die fenominale Albert Frost. Frost het in ‘n relatiewe kort tydperk legendariese status bereik onder mede-musikante. Hy is onlangs deur Stage Magazine aangewys as die beste Blueskitaarspeler in Suid Afrika. Saam weef die twee met stemme en kitaarspel ‘n ongelooflike show vol fyn nuansering.

Albert Frost en Arno Carstens
Albert Frost en Arno Carstens

Kyk uit vir die twee op ‘n verhoog naby jou.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar