Blue Moon Rockkonsert

By die Blue Moon kan van Suid-Afrika se bekende musikante gehoor word tydens vanjaar se Innibos.

Vrydagaand skop af met eF-eL, Cassette, Wonderboom, Ryno Velvet, Straatligkinders en Foto na Dans. Kaartjies kos R110 en is by Computicket of by die hek te koop.

Daar word twee konserte die Saterdag aangebied. Die Saterdagmiddag is ’n fees van rockmusiek vir die jongklomp met Snotkop, One Day Remains, Roots of Youth, Middelklas, Winterstasie, Ben Nevis en Isochronous. Kaartjies kos R70 vir hierdie vertoning.

Die Saterdagaand kom groot kanonne soos Prime Circle, Andra, Black Cat Bone, No One’s Arc, Chris Chameleon en Razor aan die beurt. Hierdie vertoning kos R110.

Feesgangers kry egter ook die geleentheid om albei Saterdag se vertonings (middag en aand) te sien teen ’n afslagbedrag van R150.

Lewer kommentaar

Leave a Reply