Die sewende Tuin van Digters, die jaarlikse hoogtepunt op die kalender van Afrikaanse digkuns in die land, vind vanjaar op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach-sentrum plaas.

Vanjaar se tema is #BuitedieBoek – daar word onder meer gefokus op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ’n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, ensovoorts) uiting gee aan woorde, frases of gedigte om in ’n boodskap oor te dra.

Die program sal later in Julie bekendgemaak word. Kaartjies vir ’n tweedagpakket kos weer R250 per persoon en sluit alle aanbiedings in.

Net vir Vrydag is die prys R100 per persoon en net vir die Saterdag R200 per persoon. Studente betaal R60 per dag.

Bespreek nou al by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

Lewer kommentaar

Leave a Reply