Die virtuose kitaarduo CH2 het reeds twee SAMA-toekennings en ’n reeks ander toekennings ingepalm.

Gaan luister na klassieke meesterstukke van Tárrega, Rodrigo, Bach en ander treffers soos Tussen treine, Vyfster en hul eie unieke flamenco-styl komposisies.

Met vlytige vingers, meesterlike tegniek en gemaklike verhoogpersoonlikhede voer hulle ’n kombinasie van klassieke musiek, polsende Latyns, Spaans, Afrikamusiek en ’n skeut nostalgie uit, met
unieke klanke in hul eiesoortige styl.

Met: Corneille Hutten (kitaar) en Dirkie van Staden (kitaar)


Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: 11 Augustus 2017, 18:00

Klein Karoo Klassique 2017


CH2 in Konsert
CH2

CH2 in Konsert


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar