Drie Vriende

Drie Vriende
Roekeloos
5 April

Met Drie Vriende kry gehore ‘n besondere kykie na die wye verskeidenheid gedaantes van Chris Chameleon, Suid-Afrika se verkleurmannetjie.

Buiten sy eie, buitengewone aanbieding van musiek en fassinerende verhale, verskyn die vlamwarm jong digter Daniella Deysel saam met Chris Chameleon om sy 2014 album bekendstelling Posduif, ‘n versameling van sy toonsettings van Deysel se aangrypende werk, te vertolk.

Die derde been van Drie Vriende is die partytjie opskop doef-doef skollie Sarel Fourie wat ook sy verskyning maak om gehore by Drie Vriende te trakteer in ‘n produksie wat ‘n wye verskeidenheid van humor, erns, sielsmusiek en loslittige vermaak waarborg!

Drie Vriende is Sondag 13 April by die Ou Meulteater in die Paarl om 16h00. Kaartjies kos R120. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za.

Chris Chameleon
Chris Chameleon

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar