Elizma Theron

Sy sou die verleidelikste natuurbewaarder gewees het! Die leeumannetjies sou haar heungingblond-lokke begeer het, wildboewe sou nie haar sexy glimlag kon weerstaan nie en sy sou die res van die diereryk met daardie rustige groen oë kon tem. Elizma Theron was egter vir die vermaakbedryf bestem.

Dié ster is op Bethlehem in die Vrystaat gebore. Elizma het naam gemaak met ‘n hokkiestok, as danseres en met ‘n mikrofoon in die hand. As fotografiese model het sy in Griekeland, Frankryk en Italië gewerk. Sy’t dié natuurlike talent ná skool verder geslyp en het met haar kennis ‘n kultuurskool op Kuruman gestig en amper vier jaar lank onderrig in moderne dans, modelwerk, klopdanse en sang gegee.

Elizma tree op by vanjaar se Winterfees in Newcastle.

Lewer kommentaar

Leave a Reply