Met ‘n betowerende dog komiese en unieke styl vermaak Elvis Blue gehore landswyd. Van toeka se musiek tot nou sit Elvis Blue sy eie kleur en geur aan liedjies wat mense laat skaterlag en saam sing. Met ‘n intieme betrekking vertel hy ook stories wat jou op ‘n reis neem of selfs weer laat droom.

‘n Aand saam met Elvis Blue is altyd gevul met treffers wat die hart snare roer, die hande laat klap en die hart weer laat droom en dis nie iets wat mens sommer gou vergeet nie!

By Die Boer restaurant teater in Durbanville 23-25 Jan om 20:30.  Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Elvis Blue 2023
Elvis Blue

Lewer kommentaar

Leave a Reply