Genade

As jy selfs nóg ‘n bietjie nader aan jou geliefde wil sit, kan jy met ‘n geruste hart jou plek bespreek vir die musiek van Lize Beekman met haar vertoning “Genade”.

Hierdie begaafde liedjieskrywer skilder met woorde en met haar kitaar in die hand, sal sy jou saamneem op ‘n nuwe reis deur ou hartkamers en herinner aan geskenke wat deel is van elke dag. Sy word al vir jare geken aan gehalte luistermusiek wat blywend is. Haar vertoning by die Ou Meulteater in die Paarl op 8 September sal haar aanhangers se gunstelinge insluit, asook nuwe liedjies uit haar pen wat onlangs vrygestel is op haar nuwe album Ek het jou Lief.

Kaartjies: R100
Besprekings: 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply