Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Arno Carstens keer terug weer na sy Afrikaanse wortels met sy nuwe enkelsnit “Hoe Gaan Dit”. Hierdie aangrypende liedjie, is die eerste snit vanaf Carstens se langverwagte EP Sewe Sakke Hoop, wat op 24 Mei uitgereik word.

Hoe gaan dit – Arno Carstens

`n Persoonlike vriend wat landuit is het Carstens geïnspireer om hierdie besonderse liedjie te skryf. “Hoe Gaan Dit” delf in die rou emosies en leemtes wat gelaat word deur vriende wat geëmigreer het. Die gevoel van verlange word raakgevat in die melankoliese melodieë waarin Carsten die redes agter die vriend se vertrek erken, maar tog wel treur oor die afstand wat dit skep. “Hoe Gaan Dit” is `die toonaangewende snit vir die versameling van vyf nuwe liedjies wat as `n EP met die titel Sewe Sakke Hoop, op 24 Mei uitgereik word.

Arno Carstens is al vir meer as drie dekades een van die mees vooraanstaande kunstenaars op die Suid-Afrikaanse musiektoneel. As voorsanger van die baanbrekers-groep Springbok Nude Girls asook `n suksesvolle solo kunstenaar, het Carstens oor die jare groot sukses plaaslik, sowel as internasionaal bereik. Sy indrukwekkende diskografie strek oor 15 albums wat hom, onder andere, verskeie gesogte SAMA Musiektoekennings besorg het. Carstens se vorige album Die Aandblom 13, was `n Afrikaanse juweel. Dit was `n eerbetoning aan sy grootwordjare en en dit het gespreek van sy besonderse vermoë om verhale van liefde, ontwaking en verandering in betekenisvolle liedjies te omskep.

Die Sewe Sakke Hoop EP wat in Mei uitgereik word, bied `n vars perspektief en nuwe stories. Dit handel tematies oor die konstante veranderinge wat ons is die lewe en ons omstandighede ervaar. Hoe om te navigeer met die pendulum wat heen en weer swaai, sodat eindelose hoop op `n beter toekoms altyd bly voortspruit.

Hoe gaan dit – Arno Carstens

Arno Carstens vertel meer oor “Hoe Gaan Dit”:

“Hierdie liedjie konfronteer die leegheid wat gelaat word deur vriende en geliefdes wat Suid-Afrika verlaat. Dit is `n ode wat ek geskryf het aan diegene wat ons op hierdie manier verloor het en dit lewer kommentaar oor die werklike impak van sulke drastiese afstande op vriendskappe.”

Arno Carstens by Joe Dreyer 2024
Arno Carstens, foto: Joe Dreyer

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply