Zybrandt met die gerusstellende, diep, donker stem, het sommer met die intrapslag vele aanhangers gewerf. Sy debuut- liedjie “Anders”, wat in Februarie vanjaar uitgereik is, het reeds meer as 16 miljoen trefslae op radio en die nuutste enkelsnit “Kamoefleer” klim ook tans op trefferlyste.  Die besonderse video van hierdie lied is deur Jeremy Farber van For Tomorrow Studios geskep en vervaardig. Dit het drie maande geneem om te maak en dit bestaan uit 19 tonele, 8 uitrustings en meer as 150 illustrasies.

Zybrandt werk nou aan ’n EP wat in Oktober uitgereik word. Hy vertel dat musiek by hom gewoonlik as ’n emosie begin. “Die woorde vloei dan van daar en ek probeer om dit dan so te skryf, dat elkeen wat dit hoor moontlik ook sy eie storie daarin sal kan vind.”

Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties voel dat Zybrandt se lirieke ’n waardevolle bydra het om te maak aan Afrikaanse poësie. Hy sê: “Ek was onmiddelik beïndruk met sy manier van skryf. Die verwerking van Zybrandt se bedrieglik eenvoudige akoestiese skrywe wek ‘n gevoel van euforie. Dis eerlik en kompleks en herinner aan die goue era van Afrikaanse ‘musiek en liriek’ – met ‘n knypie donkerte by vir konteks.” Kennedy hou veral baie van die snit “Renoster in ’n Superspar”, `n lied wat Zybrandt in Desember 2020 via sosiale media platforms bekend gestel het.

Renoster in ‘n Superspar

Een van die gesprekke tussen Zybrandt en Kennedy is onlangs op video vasgevang en vir dié wat meer wil weet van Zybrandt se musiek:

Lewer kommentaar

Leave a Reply