Jak de Priester is terug by Die Boer restaurant teater in Durbanville met sy warm Winterkonsert op Saterdag 16 Julie om 20:30 en Sondagmiddag 17 Julie om 14:00.

Sy diep treffende stories en oorspronklike liedjies maak hom ‘n geliefde stem by Die Boer en ‘n bekende gesig by die teater. Hierdie Winter vermaak hy met ‘n nuwe paar liedjies en stories uit sy pen en saam met ‘n warm bord kos en ‘n lekker glas rooiwyn is dit die beste manier om die komende winter met ope arms te ontvang.

Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Jak de Priester 2022
Jak de Priester, 2022

Lewer kommentaar

Leave a Reply