Die gewilde sangeres Janie Bay se musiek het sedert 2019 reeds meer as `n miljoen keer op digitale platforms gestroom. Haar nuutste enkelsnit “Jammer” is pas deur Warner Music South Africa uitgereik.

Janie Bay vertel dat hierdie gevoelvolle liedjie letterlik binne 10 minute op papier beland het: “Ek het vir `n paar weke rondgeloop met `n baie sterk emosie en toe ek uitendelik gaan sit om dit neer te skryf, het dit baie vinnig gebeur. Sommer so met my oggend koffie. “Jammer” is `n woord wat elkeen van ons al wou sê of gesê het, maar hoekom is dit altyd so moeilik? Ek het “Jammer” geskryf vir iemand wie ek seer gemaak het. Met hierdie liedjie en ook die video, deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie. Ek het ook met die skrywe daarvan al geweet dat hierdie my volgende enkelsnit moet wees.”

Die produksie van “Jammer” is deur Ewald Janse van Rensburg en Dolf Willemse by Popkult behartig. Janie vertel dat dit fynwerk gekos het om die liedjie klaar op te neem voordat die staat van inperking begin het: Ek het ‘n paar dae voor ons president ons lockdown aangekondig het deurgery Potchefstroom toe om binne 2ure die vocals vir “Jammer” op te neem. Terselfdetyd moes ek ook aan `n musiekvideo dink. Daar was eers sprake van `n selfoon video, maar dit sou moeilik wees om dit self mooi te doen. Ek het met die talentvolle fotograaf Henry Marsh gereël om nog betyds `n musiekvideo te kan maak. Hy het ingstem om dit saam met my op kort kennisgewing te doen. Die opneem vd liedjie en die maak van die video het alles so blitsvinnig gebeur. Ek is baie gelukkig met hoe dit klink en lyk. Die liedjie het so lekker gevloei en met die maklike skryf daarvan maak dit eindelik vir my sin dat die res van die proses ook ten einde so maklik was – al was daar `n ander rede vir die kort tydlyn. Vir die video het ons met so min as moontlik gewerk om die emosie te kon wys, baie “stripped down.” Ek dink dit is ongelooflik wat mens kan uitrig wanneer jy jou hart volg; wanneer jy weet iets is bedoel om te wees en om dit dan te deel met die wêreld.

Janie Bay het in 2019 talle nuwe aanhangers met haar Afrikaanse musiek gewerf. Haar twee Afrikaanse enkelsnitte “Amper Daar” en “Die Heelal” wat verlede jaar uitgereik is, het volgens RadioMonitor.com reeds gesamentlik meer as 2 000 keer op Suid-Afrikaanse radio stasies gespeel. Beide liedjies het op verskeie trefferlyste verskyn: “Amper Daar” was no 1 op Maroela Media en Grootfm en “Die Heelal” het die nommer 1 posisie op Bok Radio se Top 20 gehaal. Die video van “Die Heelal” wat Janie saam met die gewilde rapper Early B opgeneem het,  is alreeds meer as 190 000 keer op Youtube gekyk.

“Jammer” is beskikbaar op alle gewilde digitale musiekplatforms:

https://WarnerMusicSA.lnk.to/JammerM7

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply