Onthou julle nog “Up Where We Belong”. Die duet saam met Jennifer Warnes was die hoogtepunt van Joe Cocker se loopbaan. Nou is ou Joe terug met sy eerste solo-album in 35 jaar, No Ordinary World. Tog is dit duidelik dat dit nie as ‘n vreeslik suksesvolle poging beskou kan word nie, al het Robbie Williams hier en daar uitgehelp. Moet egter nie die album afskryf nie. Die man het ‘n besondere stem wat hy so aanbied dat selfs die pous sy boude sal wil wikkel. Dit is net vreeeeeslik gewoon.
4 op ‘n skaal van 10.
