Kaktus Op Die Vlaktes terug by KKNK

Kaktus Op Die Vlaktes keer terug na KKNK 2012, met vlymskerp optredes!

Op Saterdag 7 April 2012, sorg José Cuervo en MK dat Kaktus Op Die Vlaktes se terugkeer na die 2012 Absa KKNK, by sy nuwe tuiste Jam Street amfiteater net buite Oudtshoorn plaas ‘n prikkelende ervaring gaan wees vir almal wat deelneem. En vir al die feesgangers is daar menigte geleenthede om meer as net kaartjies na die samekoms van ons land se gewildste Rock-bands los te slaan.

Histories was Kaktus Op Die Vlaktes se verhoog gasheer van Suid-Afrika se grootste musiek ikone.

Hardebaarde soos Valiant Swart, Johnny Clegg, Miriam Makeba, Koos Kombuis, Jack Hammer, Johannes Kerkorrel, Anton Goosen het die weg gebaan vir FPK/Fokofpolisiekar, Corne & Twakkie, Mandoza en Prime Circle wat hierdie een dag opelug musiekviering gevestig het as ‘n hoogtepunt van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Maak seker dat jy ‘n draai maak by die Kaktus-hoofkwartier in Baron van Rheedestraat vir die duur van die fees. Fans kan daagliks in ‘n foto-hokkie teen ‘n spesiale agtergrond hulle foto laat neem, wat gedurig op die Kaktus Op Die Vlaktes Facebook blad gelaai word. Daar is ook ‘n Facebook ‘Like Station’ wat jou die geleentheid bied om aan kompetisies deel te neem om van die bands te ontmoet, produk geskenkpakke en kaartjies na die show te wen.

* Wenk: Jou Facebook foto tag vermoë sal help en gebruik @kaktusopvlaktes op Twitter om jou kanse om te wen te verbeter

Kaktus Op Die Vlaktes
Kaktus Op Die Vlaktes

Verwag om ‘n asemrowende keur van Suid-Afrikaanse kunstenaars vir alle smake, met Holland se electro-meesters Baskerville, nuwelinge Spoegwolf, Dividable Grand en gunstelinge Die Heuwels Fantasties, Jack Parow, Gazelle, Van Coke Kartel, Die Tuin Dwergies te sien.

Karma keer terug vir ‘n SA toer en rond die program af.

Die show verloop so:
16:00 Spoegwolf
16:45 Dividable Grand
17.35 Die Tuin Dwergies
18:40 Karma
19:40 Baskerville
20:45 Gazelle
21:50 Die Heuwels Fantasties
22:50 Van Coke Kartel
23:45 Jack Parow

Hekke open alreeds om 14:00 en kaartjies teen R120 is landswyd by Computicket beskikbaar.

Hou http://www.facebook.com/Kaktusopdievlaktes dop vir nuus, kompetisies en meer inligting.

Volg @kaktusopvlaktes of @roekeloos op Twitter vir meer aankondigings.

Nie te koop vir persone onder die ouderdom van 18 jaar nie. Geniet verantwoordelik.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply