Ná byna twee jaar weg van die verhoog skuif Coenie de Villiers weer agter die klavier in vir ‘n solo kragtoer van musiek en liriek.  Die repertoire bestaan uit nuwe werk, ou treffers en ‘n verrassing of twee.  “Dis wonderlik om weer te kan optree,” sê Coenie. “Om dit by Die Boer te kan doen, maak dit selfs meer spesiaal.”  Die program het ‘n Kers-inslag vir die Feestyd wat voorlê.  Deon Meyer en Coenie de Villiers se nuwe boek, Ons Karoo, sal ook by die vertoning te koop wees.

MAANDAG 29 NOV OM 20:30 (deure maak 18:00 oop vir ete)

KAARTJIES KOS R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply