kykNET Nou

Op 3 Augustus 2015 trek kykNET Musiek ‘n nuwe baadjie aan met die geboorte van kykNET NOU! Nog steeds propvol musiek gepak, maar met ‘n herposisionering van die inhoud om vermaaklikheid in sy breë trekke te inkorporeer. Dit is Afrikaanse vermaak op sy beste en dit gebeur NOU! Onmiddellik op DStv kanaal 146!


Ekstra programmering sluit als in van gespreksprogramme, tot verskeidenheid-, leefstyl- en musiekprogramme wat gewilde Afrikaanse kunstenaars en hul musiekvideos in alle genres ten toon stel. Hulle gaan regstreeks oorskakel na radiostasies; dadelik en direk met kykers kommunikeer; binnekort musiekkonserte regstreeks uitsaai en veel meer word beplan om ‘n televisiekanaal vir jou daar te stel met regte, egte plaaslike geur en kleur soos nog nooit tevore nie. EN vermaaklike kroonjuwele van kykNET gaan NOU beskikbaar wees op kykNET NOU! wat ook deel vorm van DStv Familie, Compact en Extra pakkette.

Karen Meiring, M-Net Direkteur van Afrikaanse kanale is baie opgewonde oor hierdie kanaal evolusie: “kykNET NOU! is ‘n opwindende vernuwing deur die kykNET kanale om die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf te ondersteun en te dien in al sy vorme en fasette. Ons beoog om ons kykers op hoogte te hou en hulle sosiale kalender behoorlik op te kikker met die nuutste inligting oor ons konserte kringloop en solovertonings. kykNET NOU! gaan veral ook baie aktief wees op ons digitale platforms. Kom vier dit NOU saam met ons.”

Jy kan uitsien na:
· Die Groot Ontbyt – Maandag tot Vrydag van 06:00 tot 08:00 wanneer jy jou nuus, weer, verkeer, interessante stories en pret feite van Johrné van Huysteen, Nadia Beukes en die res van hulle span regstreeks uit GrootFM se ateljees in Pretoria ontvang.

· Maandae om 20:00 bied hulle die skreeusnaakse Emo Adams en sy vermaaklike gaste aan in Jou Show gevolg deur Reis na Gister om 21:00 waar jy insae kry in sangers se grootwordplekke.

· #MyMusiek waar ‘n kyker die geleentheid kry om sy/haar Top 8 Afrikaanse Musiekvideos om agt op Dinsdagaande te deel. Kykers kan hulle speellys op ons sosiale media platforms indien.

· Nog op Dinsdae om 21:00 luister ons na ikoniese sangers en hul inspirasies in die pragtige Singstories.

· Fiësta vier fees op Woensdae om 19:30.

· Op Donderdae om 19:30 is dit digiTAAL, want disitaal waarin ons nou kuier. Kyk saam na die afgelope week se top inhoud op die sosiale media platforms.

· Later op Donderdae word naguile vermaak met die hoogs aangeskrewe eerste seisoen van Die Republiek van Zoid Afrika om 22:00.

· Vrydae om 20:00 is Flits aan die beurt en bly ons op hoogte van wat nou nuut is in die vermaaklikheidsbedryf in hierdie aktuele gespreksprogram.

· Saterdae #LekkerTV en Jukebox ons oudergewoonte saam.

· En Sondae om 18:30 besoek ons rooi tapyte landswyd in Bravo!

· Sing in Harmonie – die Laerskool Koorkompetisie woed voort en jy kan na die groot finaal op Sondag, 30 Augustus uitsien.

· JAM kry ‘n nuwe baadjie op Sondae om 19:30; Leef jou Reis met Gerrie Pretorius Woensdae om 19:30 gevolg deur lekker Boeremusiek in Varstrap

· En vir die MK Fans is daar ʼn hele uur volgestop met MK skatte, middernag op Vrydae en Saterdae.

kykNET NOU! is jou onmiddellike tuiste vir ‘n verskeidenheid van relevante, oorspronklike, vars, kreatiewe, energieke en die nuutste vermaak uit die boonste rakke en van die hoogste gehalte in Afrikaans!

kykNET nou
kykNET nou

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar