Laurika Rauch – Nuwe temas

Laurika Rauch is terug in die Laeveld met ’n uitsonderlike vertoning waarin sy nuwe én ou temas vertolk. Sy sluit van haar bekende en geliefde liedjies in, maar sing ook oor nuwe temas wat omsluit wat vir haar kosbaar is.

Sy word meesterlik op klavier, klawerbord en sang deur Lulu van der Walt en Fanie Fouché begelei.

Laurika se vertonings verskaf pitkos vir die siel en weerspieël ’n besondere intimiteit wat gehore dikwels gaande het.

innibos 2012

Genre: Musiek
Met: Laurika Rauch, Lulu van der Walt, Fanie Fouché
Datum en tyd: Saterdag 30 Junie 14:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium, Nelspruit
Tydsduur: 80 minute
Prys: R120

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar