King Price Insurance se gewilde dagkonsert, Lekkerland Carnival, wat sedert 2017 in Dullstroom, Mpumalanga aangebied was, skuif vanjaar na die Nasionale Botaniese Tuin in Pretoria. Dis die perfekte dag uit vir vriende en familie wat hou van goeie musiek en baie pret. ‘n Groot verhoog met top gehalte klank, tesame met ’n kleurvolle karnaval-terrein waar kinders lekker kan speel, maak dit een van die lekkerste uitstappies wat jy hierdie jaar vir jou gesin kan beplan.

Elke kunstenaar wat vanjaar op die Lekkerland verhoog gaan speel is bekend vir hul onvergeetlike vertonings: Die legendariese rock groep Prime Circle, die blue billy folk pop groep Georgetown, en van ons land se mees geliefde solo kunstenaars Elandré, Matthew Mole, Irene-Louise van Wyk, Ryno Velvet, Pedro Barbosa en Zaan Sonnekus gaan sorg vir heeldag musiekvermaak, terwyl kinders lekker in die pretpark-area kan speel. Die komediante Bouwer Bosch en Themba Robin sal sorg dat alles sonder moeite wissel as die seremoniemeesters.

De Wet van Deventer, hoof van bemarking by King Price sê: ‘Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Lekkerland Carnival en wil almal aanmoedig om die dag saam met ons te kom geniet. Bring jou vriende en familie, en onthou kinders onder 15 kry gratis toegang. Dit is juis ons wens dat vriende en familie vir die dag sorgvry saam kuier. Daar is iets vir almal. So, maak gereed vir ‘n #lekkerrr karnaval. Met sommer baie King Price pret, natuurlik!”

Die program vir die dag lyk so

08:30 Hekke maak oop

10:00 Zaan Sonnekus

11:00 Ryno Velvet

12:00 Irene Louise van Wyk

13:00 Pedro Barbosa

14:00 Georgetown and the Moonies

15:00 Matthew Mole

16:00 Elandré

17:00 Prime Circle

Neem asseblief kennis:
Dinge gebeur, so tydlynveranderinge mag dalk plaasvind sou die produksiespan dit vereis. Hou sosiale platforms dop om seker te maak jy mis nie jou gunsteling-kunstenaar nie.

Plek Pretoria Nasionale Botaniese Tuin

Hekke oop 08:30

Hekke toe 18:00

Kaartjies Computicket, op die Lekkerland Carnival webblad, of by Usave, Shoprite en Checkers Money Markets

Algemene toegang R280

VIP Daar is ook `n VIP opsie – R700 (sluit nie die feeskaartjie in nie.)

Kinders onder 15 Gratis (onthou om jou kinders te registreer wanneer jy jou kaartjies koop)

Kinders Karnaval speelterrein met springkastele, glybane, ritte en speletjies

Verversings Gelisensieerde biertent met kosstalletjies vir almal se smake

Lekkerland Carnival 2023
Lekkerland Carnival 2023

Lewer kommentaar

Leave a Reply