Gé Korsten was een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in Suid-Afrika. Met fotos, videomateriaal en uittreksels uit van die flieks waarin hy gespeel het neem Jannie Moolman en Riaan Hunter gehore op ‘n nostalgiese reis. Hulle sing van sy grootste treffers en vertel die storie van sy lewe.
12 Oktober om 20h30 & Sondagmiddag 13 Oktobert om 14h00 by Die Boer teater in Durbanville. Kaartjies kos R250.