Luna Paige verpak liedjies oud en liedjies nuut in ’n spesiale solo-vertoning vir Die Boer teater-restaurant in Durbanville.

Sy deel ook vir die eerste keer van haar eie performance poetry as inleiding tot haar nuwe liedjies. Sy deel staaltjies, gedigte en songs oor die drome wat sy gedroom het, innerlike worstelinge wat spruit uit die klimaat in ons land, oor die einde van nie net ’n dekade nie, maar baie ander dinge soos ons dit eens geken het.

Sy sing ook oor ’n nuwe begin, oor die geheim van in-die-oomblik-leef en oor hoop. Kom sluit by ons aan vir die spesiale vertoning op Vrydagaand 20 November 2020 om 20h30. Paige roer nie net met haar stem nie, maar ook met haar lirieke. Dit is met haar lirieke wat sy ’n veilige hawe vir almal skep waarbinne hul hul eie gedagtegange kan loslaat en verken.

Kaartjies is R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply