Die gewilde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar tweé op te neem en op dieselfde dag uit te reik. Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping Dis die dors, asook haar nuwe Engelse album Harmony.

LUNA PAIGE DIS DIE DORS ALBUM COVER 2024
LUNA PAIGE DIS DIE DORS 2024

Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.

LUNA PAIGE HARMONY ALBUM COVER 2024
LUNA PAIGE HARMONY 2024

Harmony is Luna se vyfde Engelse solo album.  “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.

Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel.

Dis die dors

Luna vertel meer oor die besluit om so `n groot uitdaging aan te pak: “Ná ietwat van ‘n hiatus het ek ‘n hele paar liedjies opgehoop – in my moedertaal en in Engels. Na ‘n introspektiewe tydperk tydens die pandemie, en baie onvermydelike waarnemings as gevolg van globale gebeure en die ontploffing van die digitale era – het ek gevind dat die liedjies wissel tussen meer intieme en introspektiewe temas oor mens vs natuur; maar ook meer uitlokkende temas wat die dualistiese aard van die self in verhouding tot ander aanspreek. Dit lyk of die Afrikaanse album na die meer introspektiewe neig, terwyl die Engelse album ‘n meer dinamiese aanslag (tematies en musikaal) het – wat vir my nogal opwindend is. Aangesien ek van plan is om vir die res van die jaar oorsee te reis, het ek gedink dit is gepas om my aanhangers met genoeg materiaal te los, totdat ek terugkom met my knapsak vol nuwe liedjies. Ek is bly dat ek dit alles kon vermag. Dit voel soos ‘n groot wen om my visie om twee albums tot lewe te bring, te sien realiseer.”

Die musiek? ‘n Eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

Harmony

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply