Mathys Roets en Anna Davel in konsert

Dit is nou 11 jaar sedert Mathys Roets en Anna Davel vir die eerste keer saam opgetree het. Mathys Roets en Anna Davel bring hierdie keer van hulle mooiste liedjies saam in een lekker saamkuier-show met stories van treine, verlore liefde, nostalgie en blou oseane.

Daar word natuurlik ʼn heel nuwe kleur gegee aan die oorspronklike Afrikaanse musiek van elkeen se onderskeie albums (o.a. “Fluister”, “Te lank al”, “In my lewe” en “Die gypsy in jou oë”).

Meer bekende liedjies word verwerk as duette, en die gehoor kan uitsien na die warm klanke van Roets se diep stem saam met Davel se meer liriese aanslag in die musiek van o.a. Roger Whittaker, Koos Kombuis, Via con Dios, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Neil Diamond en Lucas Maree.

Met Jaconell Mouton op klavier.

Die Boer, Durbanville
28 & 29 Julie om 20:30
Kaartjies is R150 en beskikbaar by 021 979 1911 of 083 406 0111

Mathys Roets en Anna Davel
Mathys Roets en Anna Davel

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar