Meridian Karino Innibos Koorfees

Hierdie is ’n heerlike saamgestelde koorkonsert waar verskeie skoolkore saam met Brenden Ledwaba van Idols-faam optree.

Zita en Burgerd as die gaskunstenaars verleen ekstra glans aan die aand. Die program is ’n uitvloeisel van vyf dae lange koorslypskool waar bekende koorleier Michael Barrett, koormeester en dosent aan die Universiteit van Pretoria, verskeie kore uit die land sowel as omliggende gemeenskapskole se kore onder hande neem met werksessies en meesterklasse vir koorleiers. Kom verlustig jou in afgeronde kinderkoor-uitvoerings saam met van ons land se beste soliste.

Met: Brenden Ledwaba, Burgerd en Zita en verskeie kore soos Meridian Karino, Lydenburg Hoër- en Laerskool, Curro Roodeplaat, Curro Serengeti, Hoërskool Colesberg en St Thomas Aquinas School.
Musiekregie: Michael Barrett

Genre: Koormusiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 52
Plek: Meridian Karino Independent School, Nelspruit
Datum: Wo 1 Jul 18:00

Meridian Karino Innibos Koorfees,
Roekeloos,
8 Mei 2015.

innibos 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar