Musiek van die aarde

In 1977 het die Amerikaners die Voyager-ruimtetuig die heelal ingestuur. Vandag is dit die mensgemaakte voorwerp wat die verste van die aarde af is, ongeveer 16,247 biljoen kilometer. Na verwagting behoort ons nog van Voyager te hoor tot in die jaar 2025.

Aan boord van die Voyager was ‘n koperplaat met goud oorgetrek wat onder andere ‘n verskeidenheid musiek bevat, ons Greatest Hits.

Die top 27 op die plaat is:

* Johann Sebastian Bach, Brandenburg Concerto No. 2 in F
* Kinds of Flowers, Javaans
* Senegalese perkussie, opgeneem deur Charles Duvelle
* ‘n Inisiasieliedjie van Pigmee-meisies in die Demokratiese Republiek van die Kongo, opgeneem deur Colin Turnbull
* Morning Star en Devil Bird, Aborigine-musiek uit Australië, opgeneem deur Sandra LeBrun Holmes
* El Cascabel, deur Lorenzo Barcelata and the Mariachi México uit Mexiko
* Johnny B. Goode, deur Chuck Berry
* ‘n Mansliedjie uit Nieu-Guinee, opgeneem deur Robert MacLennan
* Tsuru No Sugomori deur Goro Yamaguchi uit Japan
* Johann Sebastian Bach se Gavotte en rondeaux uit Partita No. 3 in E majeur vir viool
* Wolfgang Amadeus Mozart, Die Zauberflote / Queen of the Night aria, no. 14. Edda Moser, soprano.
* Georgiese koormusiek, Tchakrulo, opgeneem deur Radio Moskou
* Peruaanse panfluit en dromme, versamel deur Casa de la Cultura, Lima
* Melancholy Blues, deur Louis Armstrong
* Azerbeidjaanse doedelsakke
* Igor Stravinsky, The Rite of Spring, The Sacrifice – Sacrificial Dance
* Johann Sebastian Bach, The Well-Tempered Clavier, Book 2, Prelude & Fugue in C, No.1
* Beethoven se Vyfde Simfonie, Eerste Beweging
* Bulgaria, “Izlel je Delyo Hagdutin,” deur Valya Balkanska
* Navajo Indians, Night Chant, opgeneem deur Willard Rhodes
* Holborne, Paueans, Galliards, Almains and Other Short Aeirs, “The Fairie Round”
* Solomon Islands, panpipes, versamel deur Solomon Islands Broadcasting Service
* Peru, wedding song, opgeneem deur John Cohen
* China, ch’in, “Flowing Streams,” deur Kuan P’ing-hu
* Indiese, raga, “Jaat Kahan Ho,” deur Surshri Kesar Bai Kerkar
* “Dark Was the Night,” deur Blind Willie Johnson
* Beethoven, String Quartet No. 13 in B flat, Opus 130, Cavatina

Nou hoop ons net die aliens gebruik nog platespelers.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar