Die 36ste Nasionale Jeugmusiek-kompetisie (NJMK), een van Suid-Afrika se invloedryke musiekkompetisies se datums, is verskuif om nou van 6 to 11Desember 2021 by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad plaas te vind.
Ondanks die wêreldwye Covid-pandemie wat tot die kansellering van verlede jaar se kompetisie en vanjaar se uitstel gelei het, is die 2021 NJMK veerkragtig en buigsaam om aan te pas ten einde aan die nasionale inperkingsregulasies te voldoen.
Vanjaar het ‘n rekord aantal opkomende jong musici vanoor die land ingeskryf om vir die rekord prysgeld van R155 000 en medaljes in aanmerking te kom. Die is die enigste Suid-Afrikaanse musiekkompetisie waar die ses finaliste die geleentheid kry om met die Kaapstadse Filharmoniese orkes (KFO) op te tree.
“Die gesondheid en veiligheid van ons toekomstige klassieke musieksterre, hulle ouers en leerkragte is ononderhandelbaar,” sê Michael Maas, voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS).
Die kompetisie se verskuiwing na Desember bied voorts aan almal wat by die kompetisie betrokke is. Dit sluit in:
· Die 2021 NJMK kan dien as die voorloper tot die feesseisoen
· Die vlaag van geweld en plundering behoort onder beheer te wees
· Suid-Afrika behoort nader aan die mikpunt van gemeenskapsimmuniteit te wees
· Jong musici het die geleentheid om hulle kompetisie-programme aan te pas
· Mededingers het meer tyd om voor te berei
· Leerders en studente se akademiese verpligtinge is afgehandel.
Volgens Maas steun die meeste deelnemers, hulle ouers en onderwysers die nuwe datums. “Ons is dankbaar dat ons borge en ondersteuners onwrikbaar staan met hulle verbintenis tot die NJMS,” sê hy.
Om te verseker dat die kompetisie voldoen met die Covid-regulasies, het die NJMS ‘n professionele gesondheidspersoon aangestel om die veiligheid van deelnemers, hulle ouers, leerkragte en gehore te verseker.
“Kaapstad is ‘n stad van geleenthede en het ‘n rykdom van begaafde jong mense. Ons visie is om vennootskappe te sluit met ondernemings wat platforms skep waar die jeug hulle talente kan uitleef aan ‘n wye gehoor.
“Die Stad Kaapstad is trots om met die NJMK saam te werk om talent op die verhoog te identifiseer en te bevorder, afhangende van inperkinsregulasies,” sê die Stad se Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit JP Smith. Die volledige lys van gekeurde deelnemers sal aan die einde van September 2021 aangekondig word.