Nóg ’n Afrikaanse musiekfees

Ook nie rêrig nie! Die nuwe Huisgenoot-Namaquafees van 28 tot 31 Oktober in Vredendal is niks meer as die Rittelfees onder ’n nuwe naam nie, en natuurlik nuwe bestuur. Wie wil dan nou hê dit moet ’n voortydige dood sterf.

Jy kan niks meer verwag as die gewone aanbiedings nie – “die heel beste en gewildste Afrikaanse sangers” – *gaap*

Ten minste is dit ’n geleentheid om uit te vind of die streek se wyn al verbeter het.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar