‘n Splinternuwe Suid-Afrikaanse klassieke komposisie premières van 19 tot 23 Januarie 2022 in Kaapstad en die Boland by die vyf intreekonserte van die Kaapse Kamermusiekkollektief (KKMK).

Met die steun van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS), bestaan die KKMK, ‘n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk, uit musici wat wissel van jong studente tot professionele instrumentaliste, wat toeganklike en inligtingewend uitvoerings vir alle gehore doen.

Dié konserte vind as volg plaas:

*Woensdag 19 Januarie 2022 by Spinstraat 6 in die Kaapstadsakesentrum om 19:30 *Vrydag 21 Januarie 2022 by die NG Kerk in Franschhoek om 19:00

*Saterdag 22 Januarie 2022 by die Ou Leerlooiery in Wellington om 16:00 en 19:00

*Sondag 23 Januarie 2022 by Erin Hall in Rondebosch om 14:30.

Die KKMK het die plaaslike komponis en musiekverwerker, Matthijs van Dijk (39), opdrag gegee om die enigste bestaande kamermusiekstuk deur Austro-Bohemian Romantiese komponis, Gustav Mahler, te voltooi. Matthijs is die seun van geloofde Suid-Afrikaanse komponis, Peter Louis van Dijk.

In die nuwe nuwe stuk gebruik Matthijs die temas en grond-idees in sy eie artistiese manier om twee verdere bewegings te skep wat op Mahler’s se beweging volg.

Mahler se werke is in die algemeen vir groot orkestrale krag, simfoniese kore en operasoliste ontwerp. Die Klavierkwartet in A mineur is die eerste beweging van ‘n agtergelate klavierkwartet. Die nuwe werk is getiteld ‘part ii: a Mahler Fanfiction’.

Twee van die vier musici vir dié konserte is bekende gesigte van die jaarlikse Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK). Hulle is violis Jeffrey Jeffrey Armstrong, die algehele wenne en goue medaljewenner van die 2014 NJMK en pianis Tertia Visser, ‘n gereelde begeleier by die kompetisies.

Die ander twee is altvioolspeler Stéphanie Lawrenson en tjellis Graham du Plessis.

Die konsertprogram sluit die Eerste Beweging van Mahler se Klavierkwartet, Van Dijk se part ii: a Mahler Fanfiction en die Klavierkwartet No3 in C mineur deur Johannes Bach in.

The KKMK het aanvanklik beplan on hulle intrede in Januarie verlede jaar te doen, maar moes die plan uitstel sit toe die derde vlaag Cocid-19 die land getref het.

Kaartjies wissel van R120 tot R200, afhangende van die lokaal. Alle kaartjies sluit ‘n glasie wyn, bier by die Ou Leerlooiery en canapes by die Spinstraat optrede in en kan bespreek word by Quicket via die KKMK webtuiste by www.capechambercollective.com.

“Dié intreekonserte is nommerpas vir die NJMS se visie om jong klassieke musici in Suid-Afrika te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkeling,” sê Michael Maas, voorsitter van die NJMS.

Die kwartet van die Kaapse Kamermusiekkwartet ná ‘n repitisie vir die première van ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse klassieke werk wat tussen 19 en 23 Januarie in Kaapstad en die Boland opgevoer word. Hulle is Jeffrey Armstrong, Tertia Visser, Stéphanie Lawrenson en Graham du Plessis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply