Oomblik van Waansin

Mel Botes was Beeld/Geraas en Janus Musiek se Vuurdoopliedjiewenner vir 2000.

Mel – liedjieskrywer, kitaarspeler en sanger uit eie reg – het destyds naam gemaak met sy produksie David’s Confession, wat by Sun City opgevoer is. Hy is uit ´n groot aantal inskrywings in die Vuurdoopliedjiewedstryd as die algehele wenner in die kontemporêre afdeling aangewys. Laurika Rauch en Karla du Plessis was onder andere op die beoordelingspaneel. Mel se liedjie “As” is as die wenliedjie aangewys.

Sy eerste Afrikaanse album is Oomblik Van Waansin. Mel is self vervaardiger en musiekregisseur van die album en hy het al die liedjies op die album self geskryf. Benewens “As”, sing hy ook ander oorspronklike liedjies soos “Waansin”, “Vir altyd”, “Stormsee”, “Brief aan en Reënvoëls” op die album. Hy speel ook op die album ´n kitaarduet saam met kitaarmeester Mauritz Lotz. Anna Davel en Jolette Odendaal is die agtersgrondsangers op “Stormsee”.

Mel se musiek het jazz-, blues, rock en Keltiese invloede en sy musiek het ´n unieke, eietydse klank. Hy is voornemens om vanjaar ook ´n nuwe Engelse album op te neem en hy wil in die toekoms veral op sy vertonings – wat hy baie meer visueel met behulp van digitale video’s en oudiovisuele toerusting wil maak – fokus.

Oomblik Van Waansin verskyn by Select Musiek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply