Opera Nostalgie: EOAN80/VERDI200

Beleef ’n aand van nostalgie en operamusiek.

Dié opera-galakonsert herdenk die Italiaanse komponis Giuseppe Verdi (1813–1901) se geboorte 200 jaar gelede, asook die EOAN Groep van Athlone, Kaapstad, se 80ste verjaardag.

Bekende uittreksels uit Verdi se La Traviata, Rigoletto en Il Trovatore wat die EOAN Groep se operageselskap van 1956 tot 1977 gereeld in Kaapstad opgevoer het, word deur ’n span jong en opwindende Kaapse operasoliste en ’n feeskoor gesing. ’n Moet-sien vir operaliefhebbers en almal wat van mooi musiek hou.

Suidoosterfees

Met: Die Kaapse Filharmoniese orkes olv. Brandon Phillips, EOAN Feeskoor olv Niël
Rademan
, Vanessa Tait-Jones (sopraan), Friedel Mitas (sopraan), Minette du Toit-Pearce
(mezzosopraan), Lukhanyo Moyake (tenoor), Garth Delport (basbariton)

31 Januarie
20:00 – 21:30
Prys: R100

Lewer kommentaar

Leave a Reply