Piet Botha – Die Generaal van Suid-Afrikaanse rock

Piet Botha, een van die land se top blues/rock musikante, het alreeds op skool begin liedjies skryf en bands bymekaar sit, met sy eerste professionele gig as ‘n akoestiese duo in 1974.


In 1984 het hy die Blues Rock groep Jack Hammer gestig. Gedurende die 1990’s het Jack Hammer die verhoog gedeel met Deep Purple en Uriah Heap tydens hulle “Masters of Rock” toer en was ook bevoorreg om die gaskunstenaar te wees op ZZ Top se Suid-Afrikaanse toer.

Botha was een van die eerste musikante wat in die SA “Rock Hall of Fame” ingelyf is in Januarie 2002. Op 6 Mei 2006 het Piet Botha ‘n SAMA-toekenning ontvang vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek. Die FAK het hom ook in September 2006 vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal met ‘n Prestige Toekenning.

Jack Hammer, die land se oudste rock band, bestaan al vir langer as drie dekades met Piet Botha aan die stuur. Hy speel nie net omdat sy aanhangers mal is daaroor om hom te sien nie, maar ook soos John Lee Hooker gesing het “it’s in him and it got to come out”.

Hulle splinternuwe album, Handful of Rain, kom na etlike jare se toer en is ‘n ode aan die langpad, ‘n storie, ‘n boek van liedjies, ‘n versameling stil refleksies van ‘n man wat terugkyk op sy lewe as ‘n reisende musikant. Liedjies oor riviere, die langpad en onmoontlike liefde: hierdie is die hooftemas van hierdie album.

“Dit is ‘n weemoedige vreugde om in dié album se musiek en lirieke in te delf, met nuwe interpretasies wat met elke gehoorslag na vore kom. Die toonkleur van Piet Botha se stem is vol verlange en verset.” – Jannike Bergh, PARISSOWETO

Die amptelike landswye bekendstellingstoer is tans op die pad.

Piet Botha
Piet Botha

Toer Datums:

19 Feb – The Barn (Barnyard Theatre), Plettenberg Baai

20 Feb – Karoo Hotel, Barrydale

21 Feb – Stoep Café, Kleinmond

25 Feb – Bohemia, Stellenbosch

26 Feb – Bertie’s Mooring, Gordon’s Baai

27 Feb – Die Boer, Durbanville

28 Feb – Cape To Cuba, Kalk Baai

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar