Popster


Roekeloos
1 Junie

Wicus van der Merwe/strong>, alombekend vir sy ligte-luim-lekker-kuier treffers, se nuutste show, Popster, is met ons.

Vir diegene wat reeds ‘n voorsmakie daarvan kon kry is die skrif aan die muur: dié show is ‘n móét vir enige kuiergat!

Die liedjies is ‘n kombinasie van Pop en Rock – natuurlik met ‘n gladdebek Rap of twee –in ‘n album stampvol tong-in-die-kies luistergenot. Behalwe vir die titelsnit, waar daar lekker geskerts word met die ambisie om soos SA-popsterre te wees, bevat die show songs soos “My boetie Bollie”, “Hêppie song” en “Klein Klein”. Sommer so met die intrapslag is dit duidelik dat Wicus jou nooi om die volume oop ketels te laat loop en uit volle bors saam met die woorde van “Sewe Tarentale” te sing: “Hou vas jou klere, hier kom ‘n JOL!”

Soos Wicus self sê: “Hierdie is ‘n unpretentious show oor alledaagse situasies – dinge waaroor alle mense wonder en karakters waarmee alle mense kan identifiseer … karakters waarvan daar minstens een in elke familie is.”

“Ons het al almal die ou by ‘n partytjie gesien wat dink hy kan dit Shake soos Timberlake … of die pel wat sy oog op ‘n ‘Lara Croft’ het, terwyl sy oog, en die res van sy lyf, eintlik GOED in haar friend zone vas is,” glimlag hy, “so luister mooi en jy sal iemand wat jy ken, dalk ook jouself, raakloop in een van hierdie liedjies … en lekker saam lag!”

Wicus van der Merwe
Wicus van der Merwe

By die Boer Restaurant Teater in Durbanville op Vrydag 4 Julie om 20:30.
Kaartjies R120 en beskikbaar by 021 979 1911 of direk aanlyn by www.dieboer.com

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar