Die bekroonde Soul kunstenaar Bongi Mvuyana neem haar kragtige nuwe album, Power, op toer met twee intieme optredes – by Artistry, Johannesburg op 15 Maart 2025 en by Youngblood, Kaapstad op 29 Maart 2025.
Power is ‘n jazzy-soul-mengsel, ryk aan instrumentasie en diep persoonlike lirieke wat temas van liefde, groei en veerkragtigheid aanspreek. Dis tegelykertyd introspektief en feestelik.
“Hierdie vertonings is diep persoonlik en ongelooflik opwindend vir my,” sê Bongi. “Dit is ‘n kans om die Power-album na ‘n intieme ruimte te bring en nie net die musiek te deel nie, maar die stories en ervarings agter elke liedjie.”
Kaartjies:
R300 per persoon – Johannesburg –https://www.quicket.co.za/events/301605-bongi-mvuyana-power-live-tour-johannesburg/
R275 per persoon Kaapstad – https://www.quicket.co.za/events/301608-bongi-mvuyana-power-live-tour-cape-town/

Bongi Mvuyana
Bongi Mvuyana

Lewer kommentaar

Leave a Reply