#SOF Vocal Mania

Vocal Mania maak spesiaal deel uit van die Suidoosterfees se tema: Winde van verandering, om gehore dié jaar oor die volle spektrum te vermaak.

Hierdie revue met sterk oomblikke van kabaret is saamgestel uit liedere wat strek oor vyf dekades. Daar is ook beeldskone a capella oomblikke in die produksie wat gekombineer word met ritmiese en vokale harmonieë wat jou tone sal laat krul. Kom beleef legendes soos die geliefde Terry Fortune terwyl hy die verhoog deel met jonger sterre in eie reg.

Karin Kortjé, voormalige Idols wenner sal as die gaskunstenaar optree.

Met: Terry Fortune, Wasief Piekaan, Monox Adams, Carlo Daniels, Jack Makhaya, Robin P en Loukmaan Adams

Genre: Musiek
Taal: Veeltalig
Plek: Garden Court Teater, Kaapstad
Kaartjies: R100
Datum: 29 April – 3 Mei

Vocal Mania,
Roekeloos,
14 April.

Suidoosterfees 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar