Ten einde Salon Music se tiende verjaarsdag te vier, is daar besluit om eer te betoon aan een van die top trompetselers van Suid-Afrika.
Robin Finlay is ‘n musikant uit die boonste raake en sy strelende toon word gekomplementeer met stylvolle salon verwerkings gespeel deur ses uitstaande jong SA musici op sy eerste solo CD.
Trumpet Dreams is die 9de CD in die Salon Music katalogus, ‘n unieke produk, ook in internasionale terme. Die repertoire is afkomstig van bekende vokale musiek deur komponiste soos Franz Léhar en John Bokwe.
Die gemoedstemming is strelend en die musiekverwerkings is elegant terwyl toeganklikheid deurgaans die wagwoord is.
