Uit eie bodem

Vat 5-musiek se gewildste kunstenaars het die afgelope paar jaar ‘n hele aantal oorspronklike snitte die lig laat sien en sodoende bygedra tot die inheemse musiekskat.

Die room van Vat 5-musiek se kunstenaars is nou saamgebring op een album, Uit eie Bodem, en elke nommer op die CD is plaaslik geskryf, verwerk en opgeneem.

Die media word dikwels daarvan beskuldig dat hulle nie aandag daaraan gee dat Suid-Afrika se top-verkopers nie net oorsese treffers in Afrikaans opneem nie, maar ook inheemse komponiste ondersteun. Hierdie album stel dié saak in perspektief.

Die titels van die snitte op die album bewys dat dit werklik Uit eie Bodem is: “Tango Rain” – Patricia Lewis, “Skadu’s” – William Blackrose, “Toe ek nog maar ‘n kind was” – Irene, “Mal oor jou” – Jurie Els, “Elim” – Sonja Herholdt, “sê c’est la vie” – Kevin Leo, “My oomblik van glorie” – Robbie Klay, “Om te gee is soveel beter” – Verskeie, “Gee nou jou hart vir my” – Patricia Lewis, “Hoe ek voel” – Dennis East, “Die mooiste woorde” – Johann Els, “Everything” – William Blackrose, “Back where my heart belongs” – Bobby Angel, “Blommetjie gedenk aan my” – Robbie Klay, “Mooiste Kaapstad” – Sonja Herholdt, “In die middel” – Irene van Wyk en “sê my waar ek jou kan kry” – Jurie Els.

Met hierdie uitreiking bring Vat 5-musiek hulde aan komponiste soos Johan Groenewald, Anton Goosen, Mynie Grové, Coenie de Villiers, Dennis East, William Blackrose, Jurie Els, Mabel Malan en Anton Nel. Vat 5 sê die album is so erg Afrikaans soos pap en boerewors en is net die ding vir mense wat plaaslike talent wil ondersteun.

Lewer kommentaar

Leave a Reply