Valiant Swart en Basson Laubscher

Valiant Swart & Basson Laubscher is op Vrydag 29 Maart om 20h30 by Die Boer in Durbanville. Die twee gaan die dak lig met die vuurwarm rock, blues en ballades waarvoor Valiant al meer as twee dekades landwyd bekend is. Met werk aan ‘n nuwe album wat reeds fluks vorder, kan gaste dalk net verras word met ‘n voorsmakie van die nuwe komposisies uit Valiant se pen waaraan daar die afgelope tyd agter die skerms geskaaf word. Voeg daarby die talle gevestigde ou gunstelinge waarmee hierdie gesoute span musiekmakers hul aanhangers telkens betower, en in aand van volbloed Bolandse rock ‘n roll is vir ieder en elk op die kaarte.

Kaartjies kos R120-00 en besprekings kan gedoen word by 021 979 1911 / 083 406 0111.

Valiant Swart
Valiant Swart

Lewer kommentaar

Leave a Reply