Weideman en Media24 weens minagting gevonnis

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het gister die belangrikheid van ’n onafhanklike media uitgelig toe hy me. Esmaré Weideman en Media24 weens minagting van die hof gevonnis het.

Weideman, voormalige redakteur van Huisgenoot, You en Drum, en nou uitvoerende hoof van Media24, is ’n boete van R15 000 opgelê en Media24 R60 000.

Weideman is verlede jaar in die appèlhof in Bloemfontein aan minagting van die hof skuldig bevind weens die publikasie in Februarie 2008 van ’n artikel oor die sanger Jurie Els. In dié artikel het die sanger Robbie Klay volledig vertel van sy beweerde seksuele molestering deur Els.

Media24-hoof moet hoes ná Jurie Els-artikel

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar