Vanjaar se feeskunstenaar in Grahamstad is die nimlike Neo Muyanga.

Neo is ’n uitnemende komponis, wie reeds ’n substansiële bydrae op die musiekfront in Afrika gelewer het. Behalwe dat sy musiek voortreflik is, dra dit ook by tot die sosiale diskoers in Suid-Afrika.

As ek een van sy produksies by die fees moet aanbeveel sal dit Works for Trio wees. Dit is ’n blik op Neo se lang repertoire.

Die produksie bevat verskeie liedjies uit die uitstekende albums Blk Sonshine, The Listening Room, Dipalo en Toro Tse Sekete.

Neo se ander produksies by die fees is Neo Muyanga: Solid(t)ary en Neo Muyanga Trio. Hy het ook leiding geneem in Re Mixing Music en Platinumb Heart, en is verantwoordelik vir die oorspronklik klankbaan van Jennie Reznek se bekroonde I Turned Away and She was Gone.

Met: Neo Muyanga, Andre Swartz, Peter Ndlala en Msaki

Genre: Musiek
Taal: English

Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R90
Plek: Thomas Pringle-saal, Grahamstad
Datum: 5 Julie 2017, 18h00

Nasionale Kunstefees 2017

Works for Trio

Neo Muyanga
Neo Muyanga

Works for Trio



4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar