Daai bemarkingsgedrewe mense van Benetton steel al weer die kalklig. Die keer is dit met foto's van terdoodveroordeeldes in hul advertensies.
Spoornet ontspoor
Metro Treindienste noem hulle hulself. Treinnagmerrie is dalk nader aan die waarheid na een van Spoornet se drieweeklikse klopjagte op hul treine. Die vraag ontstaan natuurlik dadelik hoekom hulle op so ´n gereelde basis so iets moet doen. Sou dit nie goedkoper gewees het om maatreëls daar te stel om roofryery te beperk nie. Dit …
Speelgoeters
Speelgoed is ook nie meer wat dit was nie. K´nex se nuwe konstruksiestelle is karakters met hul eie persoonlikhede wat kan verander word deur ´n nuwe af te laai van die internet af. Woof begin byvoorbeeld sy lewe as ´n hond, maar kan dit as ´n kat eindig.
MRK-makietie
Die Media-moniteringsprojek (MMP), wie se navorsing gebruik is in ´n verslag vir die Menseregtekommissie (MRK) oor beweerde rassisme in die media, het hulle verlede week in ´n verrassende wending onttrek aan aanstaande week se mediaverhore in Johannesburg - selfs al sou die MRK hul dagvaardigings terugtrek. Die MMP het die MRK daarvan beskuldig dat die …
Die kinders van God
Die Kinders van God, ook bekend as Die Familie, is ´n Christelike beweging. Stigter David Bergman (oorlede 1994) was van mening dat dit goed is vir kinders om hulself seksueel te verken tot op ´n punt wat vir die meeste mense onaanvaarbaar sal wees. Dit is vroulike lidmate se plig om lidmate te probeer werf …
Brmmmm brmmm kerk
"Ons skepper die ruimtewese Elohim noop ons om sensuele meditasie te be-oefen soos voorgeskryf deur die profeet en motor-joernalis Claude Vorhilon." So sê die mense van die Raeliaanse Kerk.
Groepswoeps
Die Europese hof het beslis dat die Britse verbod op groepseks onwettig is. Volgens die hof maak dit inbraak op die reg van ´n individu op privaatheid.
Nelspruit spanjoele
Dis ´n situasie wat jou laat dink aan Resevoir Dogs. By die huis van die Mpumalanga premier, Ndaweni Mahlangu, het ´n lyfwag sy kollega doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg.
Die bysiendes
Die Farsight Institute is in 1996 gestig deur ´n sosiale wetenskaplike Dr Courtney Brown. Hulle glo vas daar woon marsmannetjies onder die berge in New Mexico. Blykbaar is hulle ook woonagtig in ´n vulkaan in Suid-Amerika.
Daar is dit nou
'n Man kom by die huis van die werk af, val neer in sy gunsteling stoel, skakel die TV aan en skree vir sy vrou: "Gou, bring vir my 'n bier voor dit begin."
