Wie geniet dit nou nie om ander te terroriseer met rubber rekkies nie. Word die nommer een ou/vrou op die blok met ´n spesiaal ontwerpte rekkiegeweer in ´n verskeidenheid van style. Van ´n lang geweer vir die skerpskutter tot ´n handwapen wat maklik in jou broek/rok versteek kan word. Amunisie is beskikbaar in ´n verskeidenheid …
Gay Nelspruit
Konserwatiewe inwoners van Nelspruit is die josie (of is dit nou Joos) in oor die Me Gay SA-kompetisie wat binnekort hier aangebied gaan word. "Gesonde, normale jong kinders wat die skouspel kan bywoon kan na afloop van so ´n ondervinding abnormaal wees vir die res van hul lewe.", aldus Thinus Taute van die Afrikaanse Protestantse …
Johannes sing Koos du Plessis
Koue wintersaand. 'n Glasie Hanepoot en 'n knetterende kaggel. Dán klap jy die cd-speler nader en laat JK (Johannes Kerkorrel) jou wegvoer op 'n epiese Koos du Plessis-vlug.
Wild Wild West
Welkom in die Wilde Weste, waar innuendo's en komedie jou voorland is.
Draadtrek
'n Man sonder arms skryf in vir draadtrek kompetisie.
The Virgin Suicides
Sofia Coppola maak haar debuut as regisseur met The Virgin Suicides.
Ek sien ´n rooi bul storm
Die ou Boereprofeet Siener van Rensburg het reeds vroeg in die 1900's voorspel dat belangstelling in sy profesië aan die einde van die eeu ´n oplewing sal beleef en dat mense weer sy profesië sal oordink en probeer ontleed.
Bekende grafte
Sommige mense versamel seëls vir ´n stokperdjie, ander verkies handtekeninge. Nie Jim Tipton nie. Jim het ´n heel indrukwekkende databasis van bekende grafte. Findagrave.com
The Blair Witch Project
Moet geen artikels lees oor of voorprente kyk van The Blair Witch Project nie, gaan kyk dit net.
Bobby se besering – Die “ware” storie
Hoe het Bobby Skinstad werklik aan daai besering gekom? Dit was die vraag op almal se lippe nie te lank terug nie. Die ware feite het egter nou aan die lig gekom. Die aand na die wedstryd, by die dinee, het Bobby heel "opgeruimd" geraak en begin skoor soek met die manne van New Zealand. …
