Chlorophytum comosum
Hen-en-kuikens is ’n loofplant vir plekke met skadu of min sonlig. Dit kan beide binnens- en buitenshuis gekweek word.
Die plant het grasagtige blare wat tot 300 mm lank word en dit het ’n sentrale geel streep in die lengte.
Die blomme is gewoonlik wit en word aan lang, geboë blomare gedra. As die blomare die grond raak vorm dit nuwe blaargroepe. Hierdie groepe skiet dan wortel. Die plant is ’n vinnig spreiende dekplant wat veral goed aard onder bome. Hulle lyk ook goed in hangmandjies.
(illustrasie Udo Dammer)


Inderdaad 'n wonderlike plant om kaal kolle in skaduwee te vul! Maar my hoenders is vreeslik lief vir dit in die winter wanneer daar geen gras is om te eet nie maar gelukkig is daar altyd genoeg babatjies om weer uite te plant. Dankie vir die mooi artikel!